STELLENBERG OPE TUINE

~

Vanjaar is die derde jaar wat die St Joseph’s-liefdadigheidsorganisasie die geleentheid het om die welbekende Stellenberg Ope Tuine vir die fondsinsamelingsprojek, “Adopt a Bed”, te gebruik.

Die Stellenberg-tuine het aangepas by die erge droogte wat die Kaap ervaar en nuwe planne vir 300 jaaroue tuine word gemaak! Kry die geleentheid om dié bekende internasionale tuine vanuit die 18de eeu te besigtig en te waardeer. Stellenberg Tuine het 12 areas, wat onder meer insluit: Die Wit Tuin, Paradystuin, Groente Potager, Partierre Tuin, Aromatiese Kruietuin, Wynstoktuin, Tuin met Mure en die Tuin van Bepeinsing insluit.

Waar: 30 Oak Laan, Kenilworth, Kaapstad

Wanneer: 11 en 12 November 2017 van 09:30-17:30

Koste beloop R50 per volwassene en kinders o/12 geniet gratis toegang. Slegs kontant word aanvaar.

Ligte verversings is beskikbaar teen R30.

*Fondse gaan regstreeks na St Joseph’s.

(Artikel met vergunning RooiRose)

Stellenberg Ope Tuine